Local sportSport

Topskut kan geweer losskiet

Die Bos­veld-jag­ters­ver­e­ni­ging (BJV) se Wa­ter­berg-tak hou op Sa­ter­dag 18 Mei ’n skiet­kom­pe­ti­sie by die skiet­baan op die Al­ma-pad buite Be­la-Be­la en deel­ne­mers kan lek­ker groot pry­se wen.

Skuts moet hul eie ge­were en am­mu­ni­sie bring om deel te ­neem. Slegs skuts met jag­ge­we­re — met e­ni­ge sen­ter­slag­ka­li­ber — kan deel­neem.

Die groe­pe­rings­pun­te in die 100 m- en 300 m-skiet­af­de­lings sal ná el­ke ronde deur on­af­hank­li­ke tel­ling­hou­ers ge­tel word.

Die eers­te prys is ’n Howa 243WIN SS/BB-ge­weer wat deesdae ongeveer R13 000 kos en op talle jagters se wenslys verskyn. Almal word hartlik genooi om mee te ding om hierdie gesogte prys. Daar is ook verskeie an­der pry­se op die spel.

Daar sal na af­loop van die kom­pe­ti­sie ’n bring-en-braai ge­hou word. Die pap en sous sal voor­sien word.

Die skiet­dag sal van 07:00 tot 15:00 plaas­vind.

Vir na­vrae en in­skry­wings­fooi­e kan belangstellendes vir Ja­pie Cil­liers bel by tel. 082 899 0704.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button