Local sportSport

Nyl­stroom-rug­by­klub is goed op dreef

Die Kwag­gas-rug­by­klub van Be­la-Be­la lek steeds hul won­de na­dat hul­le op Vry­dag 10 Mei teen die Nyl­stroom-rug­by­klub met 35-3 ver­loor het.

Dit was die twee­de wed­stryd in die jaar­lik­se Wa­ter­berg-li­ga.

Marc van Bosch, ’n oud-Warrie, maar deesdae Nyl­stroom-klub se blitsige flank­, is ná sy span se se­ge as speler van die wed­stryd aan­ge­wys.

In die eers­te Wa­ter­berg-li­ga­wed­stryd, wat op Vry­dag 3 Mei gespeel is, het Nyl­stroom die span van Vaalwater met 24-3 geklop.

Jan­nie Ven­ter, Nyl­stroom-klub­pre­si­dent, het na af­loop van die wed­stryd teen die Kwag­gas gesê die spe­lers het “ef­fe seer” van die veld ge­stap, maar hul­le is po­si­tief en te­vre­de met die span se vertoning.

Chris Goo­sen, af­rig­ter van die Kwag­gas, het ge­sê die ge­luks­godin was nie aan hul­le kant ty­dens die wed­stryd nie, maar die Kwagga­spe­lers sien uit na die res van die seisoen.

Nyl­stroom se vol­gen­de wed­stryd vind op Vry­dag 17 Mei teen Mo­gol in Mo­di­mol­le op Hoër­skool Nyl­stroom se vel­d plaas. Die Kwag­gas maak ook dieselfde dag lit­te los teen die Los­kop-rug­by­klub op die op­po­si­sie­span se veld.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button