Local sportSport

Klein Warries haal uit en wys by bulletjierugby- en mininetbaldag

Laerskool Warmbad het hulself op Saterdag 13 April oortref tydens die skool se bulletjierugby- en mininetbaldag.

Afrigters, ouers, onderwysers en spanmaats het die spanne aangemoedig om hul heel beste te lewer.

Dié dag het ook baie pret opgelewer. Altesame 10 skole het aan die dag deelgeneem.

Die o.6-netbalmeisies van Laerskool Warmbad het teen Laerskool Julian Muller gespeel en hoewel dit vir sommige spelers die eerste keer op die baan was, het hulle ’n verbete stryd gehad. Op die foto probeer ’n Julian Muller-speler die bal by haar spanmaats kry, maar die klein Warries se verdediging was kookwater.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button