Local sportSport

Groot pretdag by Warmbad-rolbaanbaan beoog

Die Warmbad-rolbalklub daag inwoners — selfs die niesportiewes — uit om hul balvaardighede tydens ’n rolbalpretdag te kom wys.

Lede van sportklubs, skole, sake-ondernemings, kerke en enige ander gemeenskapsorganisasie word genooi na die sportdag op Saterdag 4 Mei by die klub. Daar word hope pret beoog.

Spanne bestaan byvoorbeeld uit rugby-, krieket-, tennis-, muurbal en ander “sportsterre” wat dan teen die atlete, gimnaste of leunstoelsportkykers meeding.

Die toernooi begin om 14:00 en eindig om 16:00 waarna ’n bring en braai om 17:00 sal plaasvind.

Die pap en sous sal voorsien word en pannekoek sal te koop aangebied word. ’n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

Die inskrywingsgeld vir die rolbalpretdag beloop R20 per speler.

Vir navrae, bel vir Jan Greeff by tel. 084 548 3890 of stuur e-pos na jan@verslank.net vir meer inligting.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button