Local sportSport

Dié manne weet hoe om arm te druk

Moenie onkant betrap word nie — as dié twee inwoners van Modimolle vra of jy wil kragte meet met armdruk, loop ter wille van jou ego liefs weg.

Lee Smith en Renier Broderick, albei in rolstoele, het die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse armdrukkampioenskap in die Wesrand deelgeneem. Altesame 19 klubs met meer as 100 armdrukkers het deelgeneem aan die sowat 600 armdrukgevegte wat gehou is.

Smith is ’n gesoute armdrukker en neem al langer as 10 jaar deel. Hy is ook al 10 jaar lank die Suid-Afrikaanse kampioen in sy gewigsklas. Hy het die land internasionaal verteenwoordig toe hy in 2016 aan die paralimpiese wêreldkampioenskappe vir armdruk in Bulgarye deelgeneem het. Hy het tydens daardie byeenkoms ’n derde plek behaal vir regterhandarmdruk en vyfde plek vir links.

Die afgelope naweek het hy vir links- en regsarmdruk goud behaal en gekwalifiseer om weer aan die wêreldkampioenskap deel te neem. Die wêreldarmdruk- en armdruk kampioenskap vir parapleë vind van 30 Augustus tot 8 September in Katowice in Pole plaas.

Renier Broderick het silwer in linker- en regterarmdruk in sy gewigsklas (onder 85 kg) in die afdeling vir parapleë gewen. Hy was tot soveel as 30 kg ligter as van sy teenstanders.

Die verrassing van die dag was toe Broderick die ope klas vir gestremdes van 85 kg en meer ’n silwer behaal het vir regterkantse armdruk in ’n baie lang en uitmergelende stryd.

Die volgende kompetisie waaraan die twee deelneem is die Arnold Classic Africa wat van 17-19 Mei in Johannesburg plaasvind.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button