Local sportSport

BCVO-atlete beïndruk

Die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) het op Saterdag 16 Februarie sy streekkampioenskappe op die velde van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong gehou.

’n Hele paar atlete van die Waterbergskool vir CVO in Modimolle het puik presteer.

Herman Steyn van Die Pos was daar om die prestasies op film vas te lê.

Cecil Botha het behoorlik sy staal gewys. Dié atleet het skoonskip gemaak in die seuns o.17-afdeling. Hy het die 100 m, 200 m, 400 m en verspring gewen.

 

Hierdie seuns o.9 atleet, Caeleb van der Walt, het albei sy items gewen. Hy het die 80 m blitsvinnig voltooi en gewys dat hy ’n man met stamina is toe hy die 1200 m ook gewen het.

 

Melienke Vermaak het gewys dat sy hierdie seisoen nog die tydhouers gaan laat regop sit. Sy het die 60 m, 80 m en 1 200 m-wedrenne vir meisies o.9 gewen. Sy het ook die bestaande rekord in die 1 200 m met 2 sekondes verbeter.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button