CrimeLocal sportNewsSport

Misdaad in Mookgophong styg drasties tydens Desember-feesseisoen

“Ons sal ook weer ons radio’s meer doeltreffend moet begin gebruik. Indien iemand se selfoon gesteel is, moet dit dadelik aangemeld word sodat die persoon se nommer van die groepe verwyder kan word. As mense dit nie doen nie, kry kriminele toegang tot ons inligting en ons veiligheidstelsels.”

Kobus van Loggerenberg, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) in Mookgophong, het sy kommer teenoor Die Pos uitgespreek oor die toename van misdaad in die dorp, en veral in Sektor 1.

Volgens statistieke wat deur die polisie beskikbaar gestel is, was daar ’n toename in gevalle van aanranding met die doel om ernstig te beseer, asook inbrake in die woongebied. Gewapende rooftogte het ook toegeneem.

Diefstalle op plase en kleinhoewes in die omgewing het ook vermeerder.

Die meeste van die aanrandings (84%) wat gedurende die feestyd aangemeld is, het in Sektor 1 voorgekom. Verskeie mense is in hegtenis geneem weens die bestuur van voertuie terwyl hulle vermoedelik onder die invloed van drank is, onwettige dobbelary en oortredings van die drankwet.

Van Loggerenberg het gesê die toename in veediefstalsake is kommerwekkend en dat boere groot skade ly. Hy het inwoners versoek om betrokke te raak by veiligheidsgroepe en help om patrollie te ry sodat daar voorkomend opgetree kan word.

“Ons sal ook weer ons radio’s meer doeltreffend moet begin gebruik. Indien iemand se selfoon gesteel is, moet dit dadelik aangemeld word sodat die persoon se nommer van die groepe verwyder kan word. As mense dit nie doen nie, kry kriminele toegang tot ons inligting en ons veiligheidstelsels,” het hy gesê.

Daar is baie misdade wat steeds nie aangemeld word nie en die gemeenskap word versoek om asseblief enige misdaad, hoe gering ook al, aan te meld. Dit kan help om misdadigers vas te trek.

Related Articles

Back to top button