Local sportSport

Jong Nylie-bokser vat Zimbabwiër planke toe met pragtige uitklophou

Karabo Mokupi van Phagameng is besig om sy pad boontoe met die vuis oop te veg.

Mokupi (20) het die afgelope naweek in die ligswaargewigafdeling kragte gemeet teen Prince Kata van Zimbabwe. Hy het die geveg in die derde ronde met ’n tegniese uitklophou gewen nadat hy Kata in die ribbekas getref het.

Die geveg is op SABC 2 uitgesaai.

Mokupi het ook in Julie met Johannes Lesiba met ’n uitklophou afgereken in sy tweede professionele boksgeveg tydens die Sweet Science for Ghetto Greatness by die Kagiso Memorial & Recreation Centre.

“Karabo se teenstanders moet 100% gereed wees om teen dié man te staan te kom,” het Peet Oberholzer, Mokupi se afrigter, gesê. “Prince Kata se bestuurder het vir ’n ‘rematch’ gevra, maar ons het vir eers ander planne. Ons beplan dat Karabo aan Golden Gloves Promosies se gevegte gaan deelneem. Dié word op Supersport uitgesaai. Karabo se toekoms lyk baie rooskleurig,” het Oberholzer gesê.

Volgens hom sal hulle meer inligting oor Mokupi se volgende teenstander hê sodra hul onderhandelinge afgehandel is.
Mokupi, wat tans afrigting by Obie’s Boxing and Fitness by Hoërskool Nyl-stroom ontvang, benodig borge. Diegene wat belangstel om hom te help, kan Ober-holzer bel by tel. 072 635 8150.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button