Local sportSport

Waterberg gaan ook nou ‘parkrun’

’n Groot lekkerte begin dié week op Modimolle met die dorp se eie ‘parkrun’ wat op Saterdag 27 Oktober afskop.

Suid-Afrika se bekendste langasem, Bruce Fordyce, sal die geleentheid boonop open. Deelnemers spring reeds om 07:00 weg.

Dit is ’n gewilde inisiatief wat wêreldwyd posgevat het en deelnemers die geleentheid gee om weekliks 5 km te stap of draf in ’n veilige, mooi omgewing. Tye word elke keer geneem sodat deelnemers kan sien of hul verbeter. Die parkrun word gratis aangebied.

Die parkrun in Modimolle sal op die mooi paaie van die Koro Creek-gholflandgoed gehou word en deelnemers kan moontlik wild langs die pad sien.

Om deel te neem moet inwoners op die webwerf www.parkrun.co.za registreer, waar hulle ’n strepieskode sal ontvang. Onthou om dit saam te neem!

Dit is ’n byeenkoms vir oud en jonk en die hele familie is welkom. Die jongelinge kan dit ook saam geniet in hul stootwaentjies.

Geen honde word egter toegelaat nie.

Deelnemers kan die gholfbaan se ingang in Kerkstraat gebruik. Vir meer inligting, skakel tel. (014) 495 0026.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button