Local sportSport

Stap vir die Magrietjies

Die Magrietjie-kankerhulpgroep in Mookgophong bied op Saterdag 3 November ’n pretloop by die Naboomspruit-gholfklub aan ten bate van hul jaarlikse fondsinsamelingsprojek.

Die pretloop begin om 08:00 en die roete strek oor 3 km. Volgens die organiseerders en borge beloof hierdie om ’n gesinspretdag te wees. Inskrywingsgeld is R30 per persoon en rolstoele word toegelaat.

’n Boeredans word die aand by die klub aangebied, wat ook ’n vleisbraai met bykosse insluit.

Kaartjies hiervoor kos R120 per persoon. Dit begin reeds om 18:00.

Omdat die Magrietjies afhanklik is van donasies, is hierdie een van die jaarlikse fondsinsamelingsprojekte wat aangebied word.

Sulke geleenthede gee ’n groot hupstoot aan die Magrietjies.

Die Magrietjies is vrywilligers wat help met die versorging en ondersteuning van kankerpasiënte in die dorp en omgewing. Die groep het in 1994 ontstaan onder die leiding van ’n verpleegsuster, Tonny Oerlemans.

Hulle het in April 2000 weggebreek onder die beskerming van Kansa en funksioneer nou onder die beskerming van die Naboom-welsynsorganisasie vir bejaardes (NWOB).

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button