Local sportSport

Bela-Bela Superspar se gewilde marathon om die draai

Atlete kan solank hul hardloopskoene afstof en litte losmaak vir die SuperSpar-marathon wat op Saterdag 10 November in Bela-Bela plaasvind.

Deelnemers kan op dié dag aan die 42,2 km, 21,2 km, 10 km of 5 km-wedloop deelneem. Die 10 km is egter uitsluitlik vir vroue-atlete. Die wegspringpunt is by Hoërskool Warmbad.

Die roetes wat die atlete sal aandurf is op die Thabazimbi-pad op die S-draaie na Roodepoort, waarna hulle terug na Bela-Bela hardloop, op die Alma-pad en dan terug na die hoërskool.

In die 42,2 km sal atlete hul pas moet dophou aangesien daar ’n afsnytyd ná ses uur is vandat die wedloop om 05:30 begin het.

Die 21,2 km begin om 06:00, die 10 km om 06:15 en die 5 km begin om 06:30.

Daar wag groot pryse vir die atlete wat eerste eindig.

Volgens die organiseerders kry die mans- en vrouewenner van die 42,2 km elk R10 000 elk, by die 21,2 km wag daar R1 000 vir die eerste man en vrou, en vir die 10 km-vrouewedloop is R3 000 op die spel vir die wenner.

Die eerste 350 atlete van die 42,2 km, asook die eerste 150 atlete van die 21,1 km wat die wenstreep haal, sal ’n gratis T-hemp ontvang.

Elke deelnemer wat die wedloop voltooi, ontvang ook ’n medalje.

Die organiseerders hoop om gesinne en groepe te sien wat op hul gemak aan die korter wedlope deelneem.

Atlete kan reeds vir die wedloop inskryf deur die webtuiste www.entrytime.com te besoek. Die aanlyninskrywings sluit op Vrydag 2 November.

Inskrywings vind weer op Vrydag 9 November tussen 16:00 en 19:00 by die SuperSpar-kompleks in die dorp plaas, asook die Saterdagoggend vanaf 04:30 voor die wedlope afskop, by die hoërskool.

Die SuperSpar-marathon word in samewerking met die Warmbad-marathonklub en die Waterberg-distriksmunisipaliteit gehou. Vir navrae of meer inligting oor wedlooplisensies, skakel die volgende nommer by tel. 079 555 6934 of stuur ’n e-pos na belabelamarathon@gmail.com(.)

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button