Local sportSport

Ystermanne en -vroue maak naam tydens Ironman-byeenkoms in Bela-Bela

Atlete van regoor die land, asook plaaslike atlete, het aan die 1.5 km swem, 40 km fiets-wedren en die 10 km-padwedloop deelgeneem.

Honderde atlete en hul gesinne het die afgelope naweek na Bela-Bela gestroom om op Saterdag 4 Augustus aan die Standard Bank Ironman 5150-driekampbyeenkoms by Forever Resorts in Bela-Bela deel te neem.

Atlete van regoor die land, asook plaaslike atlete, het aan die 1.5 km swem, 40 km fiets-wedren en die 10 km-padwedloop deelgeneem. Ander atlete het aan die FUNTRI-byeenkoms deelgeneem en 400 m geswem, 20 km fietsgery en 5 km gehardloop.

Chris Hani-, Minnaar-, Luna-, Robbertson- en Groblerstraat en die Alma-pad was tydens die byeenkoms gesluit vir verkeer en verkeersbeamptes en vrywilligers het gehelp om die verkeer en atlete te beheer.

Mike Kane-Smith en Michael Ferreira was die eerste twee mans uit die water.

Kane-Smith het die swem-item binne 18:41 voltooi en Ferreira in 20:13.

Jade Nicole was die eerste vrou uit die water in ’n tyd van 40:19.

Sy het stof in die ander deelnemers se oë geskop en het die fietswedren binne 01:15:08 en die wedloop in ’n tyd van 00:21:01 voltooi.

By die mans het Ferreira egter die voortou tydens die fietswedren geneem en dit binne 01:10:14 voltooi.

Cameron Macnair het die fietswedren die vinnigste voltooi met ’n tyd van 01:08:54.

Ferreira was eerste en het die hele wedloop binne 02:08:43 voltooi.

Roger Mortlock het tweede geëindig in ’n tyd van 02:10:51 en Cameron Manair derde met ’n tyd van 02:11:28.

By die vroue was Nicole eerste oor die wenstreep met ’n tyd van 02:19:35, met Natia van Heerden tweede met ’n tyd van 02:27:54 en Eulali Gouws derde met ’n baie goeie tyd van 02:28:17.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button