Local sportSport
Rolbal-wintertoernooi op Bela-Bela suksesvol
Die Warmbad-rolbalklub het hul jaarlikse wintertoernooi van Maandag 4 Junie tot Vrydag 8 Junie in Bela-Bela aangebied.
Altesame 24 spanne van oral oor het dié toernooi bygewoon.
Dit was vir die klub veral besonders toe vier susters, Annetta Blignaut, Amanda Malan, Marlene du Toit en Sonette Claasen van die Meyerspark-rolbalklub saam in ’n span gespeel het.
Troospryse is aan die Frankfurt-rolbalklub se Hanna Scheepers, Jan en Wilma Mentz en Johnny Muller uitgedeel. Geld is ook tydens die toernooi aan die Warmbad Rusoord geskenk.