Local sportSport

Langasems en hul flukse perde draf kilometers lag-lag kaf

Die Waterberg-uithouritklub het gekook tydens die Sondela-uithourit wat op Saterdag 26 Mei plaasgevind het.

Drie van die klub se lede het aan die 32 km-rit deelgeneem en 12 lede het aan die 80 km-ritte deelgeneem.

Bykans 200 perde het dié Saterdag aan die rit deelgeneem.

Kara van der Merwe op Deo Gratias Ounooi, Hein Pretorius op Deo Gratias Rosali en Jani Stapelberg op Whisper, het die 32 km voltooi.

Die 80 km-rit is voltooi deur Amanda Botes op Deo Gratias Piper, Lizette Enslin op Deo Gratias Fantasia, Marietjie van der Merwe op Nazee, Luan Pretorius op Deo Gratias Danica, Anika Swart op Arkab Frieda, Anche Palm op Deo Gratias Duncan, Lize Stapelberg op Deo Gratias Yadviqa en Cecile Kruger op Deo Gratias Carabi, Charl Small op Ice en Lihany Small op Mustang.
Jennica Olivier het die 64 km op Deo Gratias Halifi voltooi.

Lize het tweede geëindig in die kinderafdeling en Cecile tweede in die liggewigafdeling.

Die klub se volgende groot rit is in Oktober en almal oefen reeds hard vir die geleentheid.

“Die uithouritsport is ’n spanpoging en die hele gesin word betrek. Die groot uitdaging is om jou perd en jouself fiks genoeg te kry om al die veeartsondersoeke te slaag,” het Marietjie aan Die Pos gesê. “Dit is voorwaar baie spesiaal om met jou perd in die veld te ry en sommer nog wild te kyk ook!”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button