Local sportSport

Bosvelders bring medaljes huis toe ná Comrades

’n Hele paar atlete van Vaalwater, Modimolle en Bela-Bela het op Sondag 10 Junie aan die jaarlikse Comrades-marathon deelgeneem.

Atlete het die uitmergelende 89 km vanaf die stadsaal in Pietermaritzburg na die Moses Mabida-stadion in Durban aangedurf.

’n Paar atlete van die Fitness for all marathon club van Modimolle het langs die pad vasgeval, maar die meeste plaaslike atlete het die wenstreep betyds gehaal.

Volgens die amptelike uitslae het Mike Selamolela van die Fitness for all-klub en Estelle Paul van die Warmbad-marathonklub die beste van die Bosvelders gevaar.

Selamolela het die wedloop in ’n tyd van 08:06:16 voltooi wat hom ’n Bill Rowan-medalje in die sak gebring het terwyl Paul dit in 08:42:34 voltooi en ’n brons medalje gewen het.

Ander bronsmedaljewenners is Alice Coetzer van die RunAvation-atletiekklub (09:26:23), Absalom Tshabalala van die Warmbad-marathonklub (10:36:53), Magda Weideman (10:07:06) en Marietjie van der Merwe (10:38:22) van die Nylstroom-marathonklub, Johan Joubert (09:28:30), Rodney Malatjie (10:00:20), Piet Sekgadi (09:59:39), Kwena Lamola (09:20:49) en Jane Selamolela (10:59:30) van die Fitness for all-klub.

Die Vic Clapham-medaljewenners is Bradley Schroder, Deine Lubbe en Sam Davidson-Phillips van Vaalwater, Lucas Seleka, Tsheletsi Selepe, Merriam Shavhote en Belinda Jacobs van die Fitness for all-klub, Dewald de Waal van die Nylstroom-marathonklub, Tjaart (snr.) en Minnie Oosthuizen, asook hul seun Tjaart Oosthuizen (jnr.), van die Warmbad-marathonklub.

Wenners van die Vic Clapham-medalje het die wedloop ná meer as elf uur se hardloop voltooi.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button