Local sportSport

Warmbad-rolbalklub hou die balle aan die rol

Die Warmbad-rolbalklub het sy kompetisiekalender met die laaste klubwedstryde op Dinsdag 22 Mei afgesluit.

Die klub sien uit na drie gewilde toernooie, die sosialespel, die wintertoernooi en die Presidentsdag, waarvan een reeds by die klub begin het.

Die klub is veral trots op agt van sy spelers: Tollie Venter, Annatjie Oelofse, Juanita Greeff, Petronella Mocke, Hettie Rossouw, Hugo Mocke, Leon Raath en die verdedigende kampioen in die senior mansafdeling, Jan Greeff, wat na die Limpopo-meesterstoernooi genooi is wat op Saterdag 26 Mei en Sondag 27 Mei in Polokwane gehou is.

By die klub self het Rita Coetzee, Oelofse en Rossouw tussen Maart en April as die wenners van die vroue gekose driespel uitgetree.

In die mans gekose driespel oor dieselfde tydperk het Venter, Howard Holtzhausen en Norman Bibbey as die kampioene uitgetree.

Tydens die gemengde gelote 101-enkelspel wat tussen April en Mei aangebied is, het Rossouw as die wenner weggestap, met Venter tweede en Annatjie Pieterse derde.

By die gemengde gekose pro-10 parespel, wat in Mei gehou is, het Venter en Marliza Venter as die bestes van die seisoen weggestap.

Die wintertoernooi het reeds op Maandag 4 Junie by die klub begin en eindig op Vrydag 8 Junie. Die Presidentsdag vind op Woensdag 27 Junie plaas.

Die 2018/2019-kompetisies begin in Julie.

Belangstellends kan gerus by die klub ’n draai maak of die sekretaris, Kolie Ras, bel by tel. (014) 736 3745 of by tel. 073 439 0941 en reëlings tref vir gratis afrigting.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button