Local sportSport

Honderde medaljes vertel storie van aktiewe lewe van Kokanje-inwoner

As die pad lank en uitdagend voor haar uitstrek, raak die 63-jarige Annette van Dyk van die Kokanje-aftreeoord in Modimolle nie bang nie.

As die pad lank en uitdagend voor haar uitstrek, raak die 63-jarige Annette van Dyk van die Kokanje-aftreeoord in Modimolle nie bang nie.

Sy laat haar nie intimideer deur ’n fisieke uitdaging nie. Daarvan getuig die meer as 500 medaljes met hul vrolike linte wat teen haar mure pryk. Sy ryg die kompetisies in en het al 14 keer aan die Comrades-marathon deelgeneem, 10 keer aan die Loskop-marathon, 13 keer aan die Om die Dam-marathon, ses keer die Argus-fietsren voltooi en die Midmarmyl en Potchmyl verskeie kere geswem.

Sy het ook aan talle twee- en driekampbyeenkomste deelgeneem.

Van Dyk het op 26 en 27 April vanjaar vir Gauteng-Noord aan die meesterskampioenskap in Bloemfontein deelgeneem waar sy goue medaljes vir spiesgooi en gewigstoot in die ouderdomsgroep vir 60 tot 64-jariges gewen het.

Sy het ’n silwer medalje vir skyfwerp ontvang.

Sy oefen gereeld op Hoërskool Nylstroom se bane.

Van Dyk, wat borrel van energie, sê sy het haar eerste Comrades op 38-jarige ouderdom aangepak.

Sy het op 60-jarige ouderdom weer deelge-neem, maar het net tot op die halfpadmerk gehardloop.

Haar trots is ’n foto van haar saam met Bruce Fordyce tydens die Comrades-marathon wat sy in 2004 voltooi het. “Ek het daardie marathon so hittete nie betyds klaar gemaak nie,” lag sy.

Van Dyk, wat eers ’n onderwyser was en daarna by die departement van sport en ontspanning gewerk het, hardloop elke dag 2 km op Kokanje se paaie. Haar predikants-man, Frans, het voorheen altyd saam met haar aan byeenkomste deelgeneem, maar het opgehou weens rugprobleme.

“Die hardlopery is soos klavierspeel en skilder. Dit is ander mense se talent. Ek kan dít nie doen nie, maar ek kan hardloop, swem en fietsry,” het sy gesê.


For free daily local news in the Waterberg, visit Die Pos/The Post.

Remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages. You can also email our offices on diepos@icon.co.za or dieposnuus@icon.co.za


 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button