Sport

Bosveldbeker op Bela-Bela verstom

Herman Steyn van Die Pos het foto’s geneem van die rugby-, netbal- en hokkiewedstryde.

Die Bosveldbeker-wedstryde tussen Hoërskole Warmbad en Nylstroom is op Saterdag 4 Mei op die velde van Hoërskool Warmbad gehou.

Suta Hakala van die Nylies het goeie aanvallende spel gelewer. Mijanke Blignaut van die Warries het haar egter om elke hoek en draai probeer kortwiek. Die Nylies het in die tweede helfte ’n tweede doel aangeteken waarop die Warries nie kon verbeter nie.

 

Andria Themistocleous het skitterende spel gelewer tydens die eerste hokkiespan se wedstryd. Hoewel sy hier vir Kyla Pronk uitoorlê, het die Nylies die wedstryd met twee doele teen een gewen.

 

Nadia Fouché van die Nylies en Izanne van Schoor van die Warries het deurgaans puik spel gelewer. Hulle was albei op die aanval en het ook goed verdedig. Die Nylies het die wedstryd met 27-15 gewen.

 

Die Warries se kookwater skrumskakel, KT Sono, het nie net vir dié breekslag gesorg nie, maar het weer in die agterlyn gekom en die bal self oor die doellyn gedra. Die Warries se eerste rugbyspan het die Nylies met 36-3 gewen.

 

Ruben Jooste, die Warries se kaptein van die eerste rugbyspan, het harde aanvallende spel gelewer en sy span aangevoer tot ’n groot oorwinning oor die span van Hoërskool Nyl-stroom. Die War-ries het gereeld agter die doellyn gekuier en uiteindelik met 36-3 gewen.

 

Hoërskool Warmbad se pom-pom meisies het die skare behoorlik na hul asems laat snak met hul waaghalsige toertjies.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button