Sport

Kongolees klop Phagameng se Mokupi

Modimolle se man met die vinnige vuiste, Karabo Mokupi, was die afgelope naweek ongelukkig nie vinnig genoeg vir die ervare Kongolees, Augustin Matata, tydens hul geveg by Emperor’s Palace in Kempton Park nie.

Die twee het op Sondag 24 Februarie kragte gemeet in die middelgewiggeveg wat deur Golden Gloves gereël is. Mokupi (20), wat afgerig word deur Peet Oberholzer by Obie’s Boxing and Fitness Gym by Hoërskool Nylstroom, is in die vierde ronde uitgeslaan deur die meer ervare Matata (28). Matata se bynaam in die bokskryt is nie verniet Big Ben nie.

Die Kongolees Augustin Matata en die jong bokser van Phagameng, Karabo Mokupi het op Sondag 24 Februarie kragte by Emperor’s Palace gemeet. Mokupi is in die vierde ronde uitgeslaan. Die geveg is op Supersport 8 uitgesaai.

 

Hy was die afgelope sewe gevegte onoorwonne.

Oberholzer sê die geveg was ’n leerskool. “Karabo kon gedurende die geveg nie sy ritme, tydsberekening en trefafstand regkry nie, hoewel hy beter begin vaar het in die derde ronde. In ronde vier het Matata hom gevang met ’n regterhandhou wat hom uitgeklop het,” het Oberholzer gesê.

“Daar is sprake van ’n volgende geveg in April waar Karabo teen Chedrick Chauke te staan sal kom. Karabo is nog baie jonk en doen baie goed om op hy hierdie ouderdom reeds in gevegte meegeding wat op Supersport uitgesaai word. Hy sal nou nog harder oefen en ek gaan hom opskerp met sy vaar-dighede wat voet-hand-oog-koördinasie, ritme en keuse van houe insluit.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button