Letters

Brief: Saai hoopvol dat gesprekke boere in ag sal neem

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, skryf: Die verkiesingsuitslag en koalisie-gesprekke wat tans aan die gang is laat Suid-Afrikaners met onsekerheid, maar ook met hoop oor wat die uitkoms van hierdie gesprekke gaan wees. Saai (Southern Africa Agricultural Initiative) as dié netwerk vir familieboere in Suid-Afrika hoop dat politieke partye die behoeftes van familieboere ook …

Francois Rossouw, uitvoerende hoof van Saai, skryf:

Die verkiesingsuitslag en koalisie-gesprekke wat tans aan die gang is laat Suid-Afrikaners met onsekerheid, maar ook met hoop oor wat die uitkoms van hierdie gesprekke gaan wees. Saai (Southern Africa Agricultural Initiative) as dié netwerk vir familieboere in Suid-Afrika hoop dat politieke partye die behoeftes van familieboere ook ter harte sal neem tydens hul koalisie-gesprekke.

“Ons verteenwoordig ’n verskeidenheid van familieboere: groot en klein; ryk en arm; swart en wit; goed gevestig en nuut. Ons lede het uiteenlopende politieke-, geloofs-, en kulturele oortuigings, maar al ons lede maak ’n lewensbestaan uit die grond. In ’n hoogs kompeterende handelsomgewing benodig ons familieboere veiligheid, stabiliteit en beleggerssekerheid om te oorleef. Daarom ondersteun ’n dawerende meerderheid van ons lede ’n veelpartyregering,” sê dr. Theo de Jager, uitvoerende voorsitter van Saai se direksie.

’n Veelparty-regering mag volgens Saai nie slegs ’n ooreenkoms tussen politici wees nie. Saai maan partye om burgerlike instellings soos georganiseerde landbou, die sakesektor, kerke en gemeenskapsorganisasies te betrek by die nasionale dialoog sodat die stem van die platteland ook in hierdie gesprekke gehoor kan word.

Related Articles

Back to top button