Letters

Brief: Herinneringe meer werd as sente

Gawie Richter van Modimolle, skryf: Geld het vir my steeds waarde, selfs al is dit ’n enkele sent. Ek merk op dat mense deesdae nie meer buk om muntstukke wat geval het op te tel nie. Dit is dan wanneer ek terugdink aan die dae toe ons twee yslike suigstokkies vir ’n sent kon koop. …

Gawie Richter van Modimolle, skryf:

Geld het vir my steeds waarde, selfs al is dit ’n enkele sent. Ek merk op dat mense deesdae nie meer buk om muntstukke wat geval het op te tel nie.

Dit is dan wanneer ek terugdink aan die dae toe ons twee yslike suigstokkies vir ’n sent kon koop. ’n Groot dosie vuurhoutjies het een sent en ’n klein dosie ’n halwe sent gekos.

Het items werklik so duur geword of is dit ek wat sterker geword het, soveel so dat ek met eenduisend rand se kruideniersware in een sak flink by ’n winkel kan uitstap?

Ongelukkig het steel ook nou ’n leefwyse geword en moet ons nou vir die skade wat diewe aanrig meer opdok anders maak die winkels nie wins nie!

Wat vir my nie net skokkend is nie, maar ook skandalig, is die prys van koffie. Die prys van heerlike spoorwegkoffie was sy vyf sente werd, maar die brousels van nou se dae is net onaangenaam en onbetaalbaar duur.

Related Articles

Back to top button