Letters

Brief: Lospraatjies gevaarlik

Leuens versprei soos ’n veldbrand. Dit kan skade berokken vir die persoon of persone teen wie dit afgespeel word.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Die geneigdheid om los en onbewese inligting te versprei kan baie skade tot gevolg hê.

Ons mense moet tog waak teen aannames en afleidings wat deur allerhande lospraatjies ontketen word. Leuens versprei soos ’n veldbrand. Dit kan skade berokken vir die persoon of persone teen wie dit afgespeel word.

Danksy dr. Johann Boshoff van Modimolle kan ek op 92 steeds spog met ’n mond vol goeie tande, maar wat ’n skok was dit nie toe ek onlangs moes verneem dat hy kwansuis afgetree het en nie langer beskikbaar is nie. Dit is ’n absolute leuen wat die ronde doen, want sy praktyk se deure staan steeds wawyd oop op dieselfde plek waar hy etlike jare al praktiseer.

Dit is sulke gerugte wat skadelik en gevaarlik is. Dit is ’n saak wat teen die verspreider daarvan in die hof kan gaan draai. Plaas dus liewer ’n op-en-wakker wag voor die mond.

Related Articles

Back to top button