Letters

Brief: Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) Vaalwater-gemeente vra hulp

Dié gemeente ervaar groot finansiële druk en het besluit om ’n groot aanlyn veiling te hou.

Coen Weilbach, van die AP Kerk in Vaalwater, skryf:

Die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK) is gestig op 27 Junie 1987. Kort daarna, op 9 Augustus 1987 is die APK in die Waterberg tot stand gebring.

Die APK Vaalwater-gemeente het afgestig vanaf Waterberg-gemeente op 12 Mei 1991 en ’n eie selfstandige gemeente gevorm.

Met groot ywer is ’n pragtige kerkgebou en pastorie gebou in Vaalwater.

Die Here was baie goed vir die APK Vaalwater-gemeente en het die gemeente hul plek laat volstaan in die gemeenskap en verskeie gemeenskapsprojekte met sukses afgehandel.

Maar soos meeste mense kan getuig het Covid-19 ons sake deurmekaar gekrap. Ons gemeente se getalle het afgeneem en daar is tans slegs 52 lidmate en vyf dooplidmate. Die demografie van die gemeente het ook verander en boere wat in die verlede ruim bygedra het, het self nie meer reserwes nie of het hul plase verlaat en woon in aftree-oorde.

Die gemeente ervaar groot finansiële druk en ons het besluit om ’n groot aanlyn veiling te hou op Woensdag 22 November om 10:00.

Daar is reeds 26 items op die katalogus waaronder ’n unieke swarthout eetkamerstel, egte eikehout slaapkamerstel, sewe (7) Wolseley-enjins deur versamelaar gerestoureer soos nuut, motorkarre, trekker en baie plaas implemente aangebied.

Enige persoon, enige plek, is welkom om items aan te bied vir verkoop of op die veiling artikels te koop.

Die fondse word direk in die gemeente teruggeploeg. Ondersteun ons asseblief. Vir meer inligting bel vir Coen Weilbach by tel. 083 235 2457 (WhatsApp alleen) of stuur ’n e-pos aan: jcweilbach@gmail.com(.) Besoek gerus die webbladsy: https://www.reventer.co.za/future(.)

Related Articles

Back to top button