Letters

Brief: Moord op bekende sakeman skokkend

Die moord op Kruger het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Marcelle Maritz, Vryheidsfront Plus (VF Plus) -LPW en provinsiale leier: Limpopo, skryf:

Die VF Plus neem met leedwese kennis van die moord die afgelope naweek op ’n bekende sakeman van Lephalale (Ellisras), Johan Kruger.

Die moord op Kruger het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur.

Luidens berigte is Kruger, eienaar van Speedy-droogskoonmakers, koelbloedig in sy winkel doodgeskiet.

Die VF Plus was oor die naweek in kontak met oudkol. Gawie Louwrens (Sakkie) van Bosveld Misdaadondersoeke rakende die voorval.

Die VF Plus het ook met die ondersoekbeampte van die moordsaak geskakel en sal weer met die beampte vergader oor die vordering met die ondersoek.

Die party doen ’n beroep op gemeenskappe om hul veiligheidsmaatreëls op te skerp en betrokke te raak by bestaande veiligheidsnetwerke.

Die VF Plus spreek sy opregte medelye uit met die Kruger-familie.

Related Articles

Back to top button