Letters

Brief: Kruger se kantoor oop vir die publiek

Die amptelike opening van Kruger se kantoor by die Ou Raadsaal op Kerkplein het op Saterdag 23 September plaasgevind.

James Boale, erfenisspesialis, Tshwane-metroraad, skryf:

Slegs ’n handjievol mense het al die voorreg gehad om die kantoor van die eertydse president van die Zuid-Afrikaanse Republiek, Paul Kruger, te besigtig.

Nou is dié historiese vergaderplek van een van Suid-Afrika se grootste figure oop vir die publiek. Die amptelike opening van Kruger se kantoor by die Ou Raadsaal op Kerkplein het op Saterdag 23 September plaasgevind en die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) ondersteun die Tshwane-metroraad in die besluit om die historiese vertrek vir die publiek oop te stel. Dit vertel die groter storie van Kruger en sy rol in die Afrikanergeskiedenis.

Tshwane beoog om toerisme in Pretoria te bevorder deur toere op die been te bring gesentreer rondom Kruger en sy historiese bydrae en erfenis. Daar sal op dié toere verskeie bestemmings soos Kruger se kantoor, sy standbeeld op Kerkplein en die Krugerhuis besoek word.

Die FAK stap ’n lang pad met die geskiedenis van Kruger en het ’n replika van die standbeeld op Kerkplein laat giet wat in 2024 in Orania onthul sal word.

Related Articles

Back to top button