Letters

Brief: Puik diens verdien ’n veer in die hoed

Isak en sy span, wat daar werk, lewer uitstekende diens.

Mariza Hamman, Bela-Bela, skryf:

Ek wil graag die Total-vulstasie en -karwas in Modimolle loof vir hul eerlikheid en flinke diens.

Isak en sy span, wat daar werk, lewer uitstekende diens.

Ek het my voertuig daar laat was en hulle het per ongeluk nie die los matjies van die voertuig teruggesit nie.

Toe ek ná etlike weke weer daar kom, het hulle my matjies veilig gebêre en voordat ek kon navraag doen, om verskoning gevra en dit in my voertuig gesit. Die los items wat so maklik onder of tussen die sitplekke inval en buite oog is, word telkens uitgehaal en veilig op die sitplek gesit.

Die mense is besonder vriendelik en inwoners kan hulle gerus ondersteun as hul voertuie ’n goeie was nodig het.

Related Articles

Back to top button