Letters

Brief: Brand laat mense saamstaan

Dit is ’n voorreg om deel van hierdie gemeenskap te wees en soveel omgee en ondersteuning te ervaar.

Hannelie Smit, inwoner van Bela-Bela, skryf:

Nog ’n plaas is verswelg deur vlamme in die Bela-Bela-omgewing.

Op Sondag 1 Oktober het ’n verwoestende veldbrand na Lekkerbreek in die Buffelspruit-omgewing, buite Bela-Bela versprei.

Die inwoners en bestuur van Lekkerbreek wil graag hul hartlike dank uitspreek teenoor elke organisasie en persoon wat met oorgawe kom help het om vuur te bestry.

Ons waardeer die ondersteuning van boere wat met hul eie vuurvegvoertuie hulp verleen het. Die span van Working on Fire het ongelooflike werk verrig en die beskermingsdienste wat hulp verleen het.

Dankie ook aan elke persoon wat koue water aan die uitgeputte vuurslaners voorsien het.

Met die hulp van twee helikopters is die vuur Maandag 2 Oktober geblus.

Dit is ’n voorreg om deel van hierdie gemeenskap te wees en soveel omgee en ondersteuning te ervaar. Nogmaals baie dankie.

Related Articles

Back to top button