Letters

Brief: Waar is geregtigheid vir almal?

Ek kan ’n boek skryf oor al die insidente waar sulke mense deernis kon wys, maar eerder verkies het om in eie belang op te tree.

Bitterbessie, via e-pos, skryf:

Een ding wat ek van bejaardes geleer het, is dat hulle baie bang is vir dreigemente en hulle kom hul verantwoordelikhede na.

Hulle is baie gesteld op hul finansiële verpligtinge.

Wat ek van politici en bestuurders of die beheerraad van instansies wys geword het, is dat hulle dikwels hul posisies misbruik.

Ds. Isak de Villiers het eenkeer in een van sy rubrieke geskryf jy leer in die sandput by die kleuterskool hoe die lewe werk.

Wat my die meeste grief is diegene wat titels voor hul name skryf en altyd op elke instansie se bestuur dien vanweë hul morele insette en dan het hulle min deernis met die weduwees en wese.

Ek kan ’n boek skryf oor al die insidente waar sulke mense deernis kon wys, maar eerder verkies het om in eie belang op te tree. Daar is seker lesers wat hierdie stelling kan staaf met eie ondervindings.

Gewoonlik bly hierdie mense in hul posisies net solank hulle persoonlik kan baat by die aanstelling. Dan bedank hulle omdat hulle genoeg gehad het.

Dit is walglike gedrag. Dit is vir hierdie ouens se aankoms by die Poorte wat ek wag, al is ek self melaats van sonde en te lig gevind om binne te gaan.

Related Articles

Back to top button