Letters

Brief: Pieter is ’n voorbeeld vir almal om hom

Hierdie eenvoudige daad van goedheid maak ’n groot indruk op die skoolgemeenskap.

Baie beïndruk, Modimolle, skryf:

Pieter van Heerden, ’n beskeie gr. 11-leerder aan Hoërskool Nylstroom, het my baie beïndruk met die manier waarop hy op ’n beskeie manier die omgewing om hom skoon hou.

Hy het ’n groot hart en is ’n omgeemens. Ek het hom al ’n paar keer opgemerk, alleen of in die geselskap van vriende, terwyl hy papiere optel sonder dat iemand hom raaksien.

Dit maak hom ’n ware held.

Hierdie eenvoudige daad van goedheid maak ’n groot indruk op die skoolgemeenskap, omdat dit wys dat hy nie bloot omgee vir sy eie ruimte nie, maar ook vir die omgewing waarin hy hom bevind.

Hy verteenwoordig die soort mens wat ons skool en gemeenskap trots maak. Die samelewing het meer kinders soos hy nodig.

Almal het die vermoë om ’n positiewe verskil te maak, selfs deur die kleinste gebare.

Mag hierdie verhaal ’n inspirasie wees vir ons almal om vriendelikheid en omgee te bevorder.

Related Articles

Back to top button