Letters

Brief: Beweerde tenderbedrog in departement van gesondheid moet ondersoek word

Bewerings van tenderbedrog in Limpopo se departement vir gesondheid moet deeglik ondersoek word.

Marcelle Maritz, Vryheidsfront Plus (VF Plus) -LPW en provinsiale leier: Limpopo, skryf:

Bewerings van tenderbedrog in Limpopo se departement vir gesondheid moet deeglik ondersoek word.

Die Conty Lebepe-stigting het die beweerde ongerymdhede ontbloot en die VF Plus sal alles in sy vermoë doen om toe te sien dat alle bewerings van korrupsie en bedrog ondersoek word.

Tenders van miljoene rande is glo toegestaan om steenkool aan 14 hospitale in die provinsie te verskaf, waarvan sommige nie eens stoomketels het nie.

Volgens dié departement se woordvoerder, Neil Shikwambana, dra Limpopo se LUR vir gesondheid, Phophi Ramathuba, se kantoor kennis van die bewerings.

Volgens haar sal geen kontrak onderteken of uitbetaal word voordat die nodige ondersoeke nie afgehandel is nie.

Dit wil voorkom asof daar ’n fout in die departement se tendertoekenningsproses is wat so gou as moontlik reggestel moet word om moontlike korrupsie hok te slaan.

Dit is ook belangrik dat hierdie ondersoeke en gevolglike vervolgings spoedig moet plaasvind.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button