Letters

Brief: Gestremdes steeds gemarginaliseerd

Terwyl Suid-Afrikaanse wetgewing veronderstel is om hierdie groep te ondersteun en hindernisse te oorkom, word hulle dikwels juis verhinder om tot die ekonomiese-, burgerlike- en gemeenskapslewe toe te tree.

Tammy Breedt, VF Plus-LP en hoof-woordvoerder: Vroue, jeug en gestremdes, skryf:

Mense met gestremdhede is steeds een van die mees gemarginaliseerde groepe in die land.

Hulle het swak toegang tot basiese dienste en voer daagliks ʼn stryd om bystand te verkry.

Terwyl Suid-Afrikaanse wetgewing veronderstel is om hierdie groep te ondersteun en hindernisse te oorkom, word hulle dikwels juis verhinder om tot die ekonomiese-, burgerlike- en gemeenskapslewe toe te tree.

Art. 9 van die Handves van Regte, wat wyd beskou word as van die mees progressiewe in die wêreld, bepaal spesifiek dat daar teen niemand gediskrimineer mag word op grond van onder meer gestremdheid nie.

Dit beskerm ook uitdruklik die regte van gestremdes deur te bepaal dat die regering die nodige stappe moet neem om mense, of kategorieë van mense, wat deur onbillike diskriminasie benadeel word, te beskerm en te bevorder.

In teenstelling hiermee, het Statistiek SA byvoorbeeld bevind dat mense met ernstige gestremdhede probleme ondervind om toegang tot onderwys en werksgeleenthede te verkry.

Waar ʼn gestremde aan die hoof van ’n huishouding staan, is dit dikwels ’n opdraande stryd om toegang tot basiese dienste te bekom.

Tydens die Covid-19-pandemie moes gestremdes talle ernstige uitdagings oorkom om gesondheidsorg te kry en hulle kon dikwels nie noodsaaklike medikasie, terapie of rehabilitasie ontvang nie.

Nog ’n skokkende voorbeeld is die 2016 Life Esidimeni-tragedie waar 118 van Gauteng se mees kwesbare geestesgestremdes dood is.

Dit was nadat die provinsiale gesondheidsdepartement hulle na verskeie swak toegeruste en ongeregistreerde geriewe geskuif het.

Talle basiese menseregte, insluitend die reg op lewe, is eenvoudig ter syde gestel en die regsgevolge van hierdie tragedie, wat die gesondheidsombudsman met ʼn beesveiling vergelyk het, is astronomies.

Die inwerkingstelling van die nasionale wetgewing, asook die monitering van sulke kwesbare groepe, lyk goed op papier, maar die prosesse om dit prakties uit te voer bestaan net in die regering se drome.

Die presidensiële werkgroep vir gestremdhede wat vroeēr vanjaar gestig is, is waarskynlik nog ’n groep wat baie gaan praat en min gaan uitvoer.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button