Letters

Brief: Voorkoming is altyd beter as genesing

Ongelukkig is daar vervlakste einas wat wag vir die son om te sak of vir naweke voordat hulle kop uitsteek.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Of dit nou die dokter, predikant, polisie of ambagsman is, op Modimolle kan jy nog vra: “Maak asseblief tog gou!”

Ons ken daardie benoudheid wanneer daar nie water is nie en jy die wasbak of badprop insit, die kraan oopdraai en gaan slaap. Dan is dit die spaarwiele in ons lewens waarsonder ons nie kan klaarkom nie, wat moet kom red. Dit is veral vakmanne, taai kêrels, met sulke eelte aan die hande, wat dan van alles moet weet en hulp verleen.

As die bloed loop, ’n stoofplaat of televisie nie wil werk nie en die motor se wiel of battery is pap, wat maak ons? Gryp die foon en skree: “Maak tog net gou!”

Moet net nie vir Saterdagaand of Sondag wag om te kla nie, want daardie mense verdien ook om te rus — nes ek en jy.

Ongelukkig is daar vervlakste einas wat wag vir die son om te sak of vir naweke voordat hulle kop uitsteek. Dan moet ons probeer voorbereid wees, want voorkoming is mos altyd beter as genesing.

Related Articles

Back to top button