Letters

Brief: AfriForum se Bela-Bela-tak behaal verskeie suksesse

Die ingange na die dorp se gras is gesny en rommel is opgetel om die omgewing netjies te maak. Dit volg nadat die dorpsomgewing sigbaar agteruit gegaan het.

Zel-Marí Gelderblom, mediaskakel-beampte, AfriForum, skryf:

AfriForum se Warmbad-tak het in Mei, in samewerking met verskeie gemeenskapslede, ingespring om onder meer Chris Hanistraat skoon te maak en slaggate op te vul.

Die ingange na die dorp se gras is gesny en rommel is opgetel om die omgewing netjies te maak. Dit volg nadat die dorpsomgewing sigbaar agteruit gegaan het.

Die tak het ook aan die jaarlikse geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) deelgeneem en kommentaar opgestel om aan te dui waarvoor die Bela-Bela plaaslike munisipaliteit die jaar moet begroot. Dié dokument is by die munisipaliteit ingedien om druk toe te pas oor finansies, projekte en die bestuur daarvan. Die tak het AfriForum se insette by ’n beplanningsvergadering oor die GOP gelewer.

Daar is ook ’n vullisterreinoudit  gedoen om te bepaal in watter toestand die terrein is en om vas te stel of die terrein aan die minimumvereistes voldoen. Noodwaterpunte is ook opgestel nadat die dorp se watertoevoer vir etlike dae onderbreek was. Die tak het selfs water by van die inwoners gaan aflewer wat nie in staat was om by die waterpunte te kom nie.

Die tak is deurlopend met hul volhoubare skoonmaakprojek van parke besig en wil vanjaar die Bela-Bela Heritage-organisasie help om die historiese geboue en -begraafplase in en om die dorp skoon te hou. ’n Gholfdag vir fondsinsameling word vir Vrydag 30 Junie in samewerking met AfriForum se Nylstroom-tak en Koro Creek-gholflandgoed beplan. Mense wat belangstel, kan

Jandia Roets by tel. 083 265 9287 bel. Hierdie projekte kan op die tak se Facebook-blad dopgehou word.

“Ons sien uit daarna om die verskil in Bela-Bela te wees. Klein projekte, soos om onkruid uit te trek, sal op die lange duur ’n groot impak maak,” sê Jandia Roets, tesourier van die Warmbad-tak.

“Ons het nog groot planne vir Bela-Bela — van sypaadjies skoonmaak en straatligte vervang tot die opskerp van inwoners se veiligheid,” sê Piet Botha, voorsitter van die Warmbad-tak.

Related Articles

Back to top button