Letters

VF Plus ondersteun begroting, maar met voorwaardes

Daar moet gewaak word teen aanstellings wat die munisipaliteit se salarisrekening sal verhoog sonder om dienslewering te verbeter.

Marita Louw, Vryheidsfront Plus (VF Plus) -raadslid: Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit, skryf:

Die VF Plus het die Modimolle-Mookgophong-plaaslike munisipaliteit (Modimolle, Mookgophong, Roedtan, Alma, Vaalwater) se begroting vir 2023/24 gesteun met die voorwaarde dat tariewe hersien word.

Die voorgestelde tariefverhogings is onder meer water (45%), riool (60%) en vullis (35%).

Die rede wat aangevoer word vir dié verhogings, is sodat die munisipaliteit genoeg inkomste kan genereer om sy lopende rekening te vereffen.

Daar word ook beoog om munisipale personeellede te vermeerder van 531 na 908 werknemers.

Die VF Plus is nie gekant teen sleutelaanstellings soos ’n senior elektrisiën en ’n watertegnikus nie. Daar moet egter gewaak word teen aanstellings wat die munisipaliteit se salarisrekening sal verhoog sonder om dienslewering te verbeter.

Related Articles

Back to top button