Letters

Brief: Bome vrek nadat bas afgekap is

Wanneer die boom doodgaan nadat die bas gestroop is, word dit summier afgekap en opgesaag om as braaihout langs die pad verkoop te word.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Ek het ’n foto waar gesien kan word hoe bas om die stam van ’n maroelaboom langs die pad naby Phagameng (op pad na Mookgophong) afgekap is.

Die bas word glo as medikasie gebruik. Wanneer die boom doodgaan nadat die bas gestroop is, word dit summier afgekap en opgesaag om as braaihout langs die pad verkoop te word.

Die maroela is een van die groot vyf bome in Limpopo en die vrug daarvan het verskeie gebruike. Die afkap van dooie bome lang ons paaie word algemeen aanvaar en daar is geen nagevolge vir die oortreders nie. Dit is waarom hierdie kosbare bome ook nou afgekap word. Alle herfsblare het reeds afgeval en dit lyk asof die boom reeds dood is.

So sterf nog ’n beskermde boom aan die hand van ’n boef wat nog nie ’n enkele pit vir vooruitgang geplant het nie. Alles word voor die voet vernietig en doodgemaak.

Related Articles

Back to top button