Letters

Brief: Pad herstel ná inwoners saamwerk

Mag ons nooit daal tot die vlak van ’n piesangrepubliek nie. Laat ons liewer hande vat en hoër reik.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

Dit is verkeerd om alles maar net as vanselfsprekend te aanvaar en te hoop iemand anders sal optree, soos byvoorbeeld wanneer iemand beroof word en jy staan net en toekyk.

Ons weet almal dat die munisipaliteit tydens ANC-bestuur bankrot gesteel is, maar ons kla oor krag, water, riool en slaggate en dit terwyl daar geen geld is nie. Mag ons nooit daal tot die vlak van ’n piesangrepubliek nie. Laat ons liewer hande vat en hoër reik.

Kom ons neem Hans Campherstraat in Modimolle as voorbeeld. Tot onlangs was dit onbegaanbaar weens die talle slaggate.

Danksy al die voorsitters van die Bosveldsig-aftreeoord se onderskeie fases en hul spanne is leiding geneem, geld ingesamel en siedaar: die slaggate is behoorlik herstel met duursame teermengsel.

Spesiale aandag is ook aan veiligheid, beligting en padtekens geskenk. Selfs straatnaamborde is opgerig of herstel. Daar is nie bakhand onder ’n koelteboom gaan sit en murmureer nie.

Ons sê baie dankie aan almal wat bydraes gemaak het, want daarsonder sou dit nie moontlik gewees het nie. Dit wys net weer wat uitgerig kan word as ons saamstaan en hande vat.

Related Articles

Back to top button