Letters

Brief: Wanneer die grafte roep: Onthou

Hierdie grafte en hul geskiedenis moet gehuldig word.

Gawie Richter van Modimolle skryf:

Wanneer ’n mens verby die Voortrekker-begraafplaas in Modimolle ry waar ’n gedenksteen in die vorm van ’n kloktent voor die ingang die Driejarige-oorlog (11 Oktober 1899 tot 31 Mei 1902) simboliseer, noop dit ’n mens om weer aan die oorsprong van hierdie begraafplaas te dink.

’n Enkele tent is op ongerepte grond langs die Nylrivier tussen die graspolle, klippe en gate vol goggas vir ’n hele gesin opgeslaan. Bejaardes, vroue en kinders met al hul besittings wat uit hul brandende huis gered kon word, is in hierdie tent geprop.

Met kaal hande is grondwalle van binne teen die tent gemaak om te keer dat reënwater deur die tent spoel.

Aan die stutpaal in die middel van die tent is kledingstukke opgehang. Die ongelyke grond moes as bed, sit- en eetkamer dien. Die gebrek aan privaatheid moes soms vernederend gewees het.

Die bietjie kos is soms ook vergiftig. Daar was talle sulke gesinne wat só moes skuil. Binne ’n tydperk van 18 maande het minstens 445 vroue en kinders gesterf.

Ons Boere beskik oor ware opgetekende geskiedenis. Tans word slegs die negatiewe uit die verlede aan goedgelowige skoolkinders vertel.

Hierdie grafte en hul geskiedenis moet gehuldig word.

Related Articles

Back to top button