Letters

Brief: Beleggersvertroue is nou in gevaar

Beleggers handhaaf tans ’n wag en sien-benadering as dit kom by energie-intensiewe beleggings in Suid-Afrika terwyl die land se kragkrisis voortduur.

Jaco Mulder, Vryheidsfront Plus (VF Plus) -LP en hoofwoordvoerder: handel, nywerheid en mededinging, skryf:

Beleggers handhaaf tans ’n wag en sien-benadering as dit kom by energie-intensiewe beleggings in Suid-Afrika terwyl die land se kragkrisis voortduur.

Aan die vooraand van die land se vyfde beleggingskonferensie wat op Donderdag 13 April begin, bestee Suid-Afrikaanse maatskappye miljarde rand om hul ondernemings met alternatiewe energie aan die gang te hou.

Dit terwyl die staatsbeheerde Eskom van een krisis na ’n volgende voort ploeter met kragonderbrekings wat veroorsaak word deur foute by sy steenkoolkragstasies.

Eskom kon die afgelope 15 maande nie ononderbroke krag lewer nie met ʼn rekord van 141 dae aaneenlopend in die tydperk 31 Oktober 2021 tot 20 Maart 2023, wat die land sowat R204 miljoen rand per dag kos.

Dit terwyl pres. Cyril Ramaphosa reeds in 2018 die bedrag van $100 000 miljard se beleggings as teiken gestel het.

Dit moes oor vyf jaar ingesamel word om volhoubare groei en werkskepping in Afrika se mees ontwikkelde en industriële ekonomie te ondersteun.

Intussen versuur die ANC die land se verhouding met Amerika deur sy standpunt oor Rusland en Taiwan tot só ’n mate dat pres. Cyril Ramaphosa ’n gesant na Amerika moet stuur om betrekkinge gesond te probeer hou.

Suid-Afrika se posisie hieroor kan beslis handelsooreenkomste met Amerika en ander Westerse lande in gedrang bring en die regering sal ’n goeie balans moet vind met sy belange in die ooste en die weste.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button