Letters

Brief: Modimolle styg steeds uit

Ons sal nooit bakhand onder koeltebome gaan lê, begeer en op pasellas wag nie.

Gawie Richter, Modimolle. skryf:

Kom ons lig die hoed vir die inwoners van ons mooi dorp, Modimolle.

Ons sê veral dankie aan al die flukse mans, vroue en kinders wat nie net om hul eie huise en sypaadjies skoonmaak nie, maar ook vullis op straat voor ander se huise en sakeondernemings verwyder.

Trotse inwoners sal beslis hul beskawingspeil handhaaf en altyd na hoër, verder, beter en vinniger streef. Ons sal nooit bakhand onder koeltebome gaan lê, begeer en op pasellas wag nie.

’n Mens wil huil as jy Modimolle se regeringsgeboue en -terreine sien. As dit buite en om die regeringsgeboue so woes lyk, hoef ’n mens nie te raai wat binne aangaan nie.

Related Articles

Back to top button