Letters

Brief: AfriForum maak ingange na Bela-Bela skoon

’n Inisiatief is van stapel gestuur om die gemeenskap bymekaar te bring en sodoende ingange na die dorp op te knap.

Zel-Marí Gelderblom, mediaskakelbeampte AfriForum, skryf:

Die lede van AfriForum se Warmbad-tak het op Saterdag 25 Maart, die ingange na Bela-Bela vanaf die R516- en R101-pad, agter die munisipale gebou en die ou kliniek skoongemaak. Dié tak het ook die gras gesny en vullis in Grobler- en Robertsonstraat verwyder.

Hierdie tak het in September verlede jaar na afloop van die #VegEnBou-week parke in die Bela-Bela-omgewing in stand begin hou en opgemerk dat die ingange na die dorp self ook opknapping nodig het. Daarom is die inisiatief van stapel gestuur om die gemeenskap bymekaar te bring en sodoende die ingange te begin opknap.

“Ons bedank graag ons borge wat ’n bydrae kon maak, of dit nou water is wat aangery is, of brandstof wat vir die bossiekappers verskaf is,” sê Piet Botha, voorsitter van die Warmbad-tak.

“Ons sien uit om ’n verskil in ons dorp te maak. Aksies soos hierdie sal op die lang duur ’n groot impak maak. Ons hou steeds die parke in stand en sien die projek as ons eie,” sê Carin Botha, sekretaris van die tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Warmbad-tak betrokke: SMS “jou naam” na 45342 (R1) en maak ’n verskil.

Related Articles

Back to top button