Letters

Brief: Begroting: Regering behoort toekennings te heroorweeg

Dit is nie soseer weens ’n gebrek aan fondse nie, maar weens die wanbesteding van fondse.

Marcelle Maritz, VF Plus -LPW en provinsiale leier: Limpopo, skryf:

Sekere toekennings in Limpopo sal weens finansiële druk heroorweeg moet word.

Dit het duidelik geblyk uit die begroting van Limpopo se LUR vir finansies, Seaparo Sekoati, vir die 2023/24-finansiële jaar.

Daar bestaan geen regverdiging vir die toekenning van R5 miljoen vir die meubilering van tradisionele leiers se kantore en die toekenning van R55 miljoen vir die aankoop van nuwe voertuie vir dié leiers nie.

Dit is R5 miljoen meer as wat begroot word vir die aankoop van ambulanse vir die provinsie.

Die departement van onderwys ontvang 48,2% van die begroting en kry R38,188 miljard vir die boekjaar. Die geld sal net ’n verskil maak aan leerders se opvoeding indien dit reg aangewend word.

Handboeke word bykans nooit betyds aan skole verskaf nie.

Die gesondheidsdepartement ontvang 30% van die begroting wat R23,772 miljard beloop. Dié departement kon met sy vorige begroting nie eens die medisynekaste volhou en ordentlike gesondheidsdienste lewer nie.

Dit is nie soseer weens ’n gebrek aan fondse nie, maar weens die wanbesteding van fondse.

Die VF Plus sal die departement fyn dophou om ’n verdere vermorsing van geld te probeer voorkom.

Vervoer en gemeenskapsveiligheid ontvang R2,484 miljard wat hopelik aangewend sal word om Limpopo se verflenterde paaie te herstel.

Belastinggeld moet aangewend word om die lewe van die mense in Limpopo te verbeter. Tot dusver het die provinsiale regering daarin gefaal.

Related Articles

Back to top button