Letters

Brief: Noodplan vir donker dae vorentoe

In die onsekere tye waarin ons leef hou ons geloof ons staande.

Bekommerde leser van Modimolle skryf:

In die onsekere tye waarin ons leef hou ons geloof ons staande, maar ons as verantwoordelike burgers moet ook nie net agteroor sit en dink ons het nie ’n verantwoordelikheid om na onsself om te sien nie.

Na aanleiding van André de Ruyter, gewese hoof- uitvoerende amptenaar van Eskom, se veelbesproke televisieonderhoud op 6 Maart en bespiegelinge dat die kragnetwerk moontlik in duie kan stort, het ek ’n noodlysie saamgestel wat ek graag met die lesers wil deel:

  • Sorg dat gasbottel gevul is.
  • Voldoende batterye of solarenergie om selfone te laai en moontlik yskaste koel te hou.
  • Voldoende water in 5 liter kanne.
  • Vul voorskrifmedisyne aan.
  • Kontant vir gebeurlikhede as kitsbanke buite werking is.
  • Kerse en vuurhoutjies.
  • Toiletpapier.
  • Meel, bakpoeier en eiers.
  • Verskeidenheid blikkieskos en droë produkte soos rys en pasta.
  • Langlewe melk.
  • Ekstra basiese persoonlike benodigdhede soos seep, tandepasta, sjampoe ensovoorts.
  • Genoeg kos vir troeteldiere.
  • Voertuie moet vol brandstof wees.

Hierdie is my persoonlike voorstelle. Pas aan om by jou unieke omstandighede te pas.

Related Articles

Back to top button