Letters

Brief: AfriForum spog met nuwe tak

Ons gemeenskap wil graag ons dorp sien vooruitgaan.

Ischke van Eeden, skakelbeampte, AfriForum, skryf:

Die burgerregteorganisasie AfriForum het op Vrydag 10 Februarie gedurende ’n vergadering by die NG-gemeente Thabazimbi se kerksaal ’n tak in Thabazimbi gestig.

Heelwat inwoners het die vergadering bygewoon en deelgeneem in die hoop om die dorp na nuwe hoogtes te neem.

Die bestuur bestaan uit Pikkie van Aardt (voorsitter), Barry Knuppe (ondervoorsitter), Trudy Vorster (tesourier), Carina Cornelius (sekretaris) en Pieter Roets (buurtwagleier).

Ons gemeenskap wil graag ons dorp sien vooruitgaan. Die mense op die bestuur is gemotiveerd en gedrewe om ’n daadwerklike verskil in die gemeenskap te maak.  Ek kan nie wag om te sien hoe hierdie tak die hele Thabazimbi tot nuwe hoogtes neem nie.

Related Articles

Back to top button