Letters

Brief: Hiérdié doepa kan dalk diere red

Hier is raad van ’n vriendelike diereliefhebber.

Gawie Richter van Bosveldsig, Modimolle, skryf:

Vrees jy dat jou geliefde diere vergiftig kan word?

Hier is raad van ’n vriendelike diereliefhebber.

Wees altyd voorbereid met die volgende in voorraad: geaktiveerde houtskool — verkieslik in poeiervorm. Dit kan by enige apteek gekoop word. Ook Melk van Magnesia (Milk of Magnesia), een hoendereier en ’n koppie melk.

Meng twee eetlepels houtskool, twee eetlepels Melk van Magnesia en een eier in ’n koppie melk en gooi in die dier se keel af om te sluk.

Ongelukkig is ek een van dié wat so skrik, dat ek al die afmetings vergeet. Die feit is egter dat ’n mens net moet sorg dat die dier wel hierdie medisyne inkry om die gif se werking te neutraliseer. Kom daarna so gou moontlik by ’n veearts uit.

Related Articles

Back to top button