Letters

Brief: Waar gaan kiesers hul kruisie in 2024 trek?

Wat het verkeerd gegaan met ons politieke stelsel as opposisiepartye ’n dorp nie beter kan bestuur as die korrupte ANC nie?

Pieter Raath, inwoner van Bela-Bela, skryf: 

Kiesers word aangemoedig om in die volgende verkiesing vir opposisiepartye te stem.

Dit is inderdaad waar dat chaos ons voorland is as regdenkende kiesers nie saamstaan om die ANC uit die kussings te lig nie.

Ry ’n mens deur Modimolle se strate, sien jy dat die strate net so vol slaggate is as hul buurdorp Bela-Bela wat onder ANC-bestuur is. Erger nog — ná twee termyne onder ’n koalisie van opposisiepartye, het hulle onlangs een van die swakste ouditverslae van die ouditeur-generaal in Limpopo gekry.

Dan vra ’n mens jouself die vraag af wat het verkeerd gegaan met ons politieke stelsel as opposisiepartye ’n dorp nie beter kan bestuur as die korrupte ANC nie? Is die burgermeester en haar komitee net bloot onbekwaam, in welke geval die vraag ontstaan waarom hulle nie lankal verwyder is nie, of is daar inherent iets verkeerd met ons politieke stelsel wat beteken dat ons in elk geval gedoem is al stem ons vir ’n ander party?

Ons mag nie fatalisties wees nie en daarom sal ek dit waardeer as iemand vir my ’n logiese verduideliking kan gee.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button