Letters

Brief: Strafregtelike klag ingedien teen munisipale werkers wat dienste ontwrig

Hierdie soort optrede van munisipale werkers ontwrig dienslewering aan inwoners wat ten duurste daarvoor betaal en dit moet stopgesit word.

Frik Erasmus, Vryheidsfront Plus (VF Plus)-raadslid: Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit, skryf:

Die VF Plus het ’n strafregtelike klagte by die polisie ingedien teen die voorbokke wat die munisipale werkers van die Thabazimbi-plaaslike munisipaliteit aanhits om aan onwettige protesaksies deel te neem.

Munisipale werkers het op Vrydag 10 Februarie voor die munisipale kantore betoog oor oortydbetaling. Dit was die tweede protesaksie binne drie weke.

Die vermoede bestaan egter dat munisipale werkers vir politieke doeleindes misbruik word en dat die protes nie soseer oor oortydbetalings gaan nie.

Hierdie soort optrede van munisipale werkers ontwrig dienslewering aan inwoners wat ten duurste daarvoor betaal en dit moet stopgesit word.

Die VF Plus sal toesien dat die organiseerders van hierdie protesaksies verantwoordelik gehou word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button