Letters

Brief: Respekteer gestremdes se parkering

Ek vervies my vir mense se argelose houding.

Ongelukkige inwoner, Modimolle, skryf:

Daar is gereeld mense sonder permitte wat op parkeerplekke stilhou wat uitsluitlik vir gestremdes bedoel is.

Ek wonder of hulle besef hoe ’n persoon met gestremdhede sukkel om in ’n normale parkeerplek stil te hou en by ’n voertuig in- en uit te klim met beperkte spasie. Is sulke motoriste ongevoelig, onoplettend of gee hulle eenvoudig net nie om nie?

Behalwe vir hulle, is daar ’n ander euwel wat ek dikwels sien. Van die voertuie het permitte vir gestremdes, maar die gestremde persoon is nie altyd in die voertuig nie en dan maak bestuurders
steeds aanspraak op die parkeerplekke wat vir gestremdes gereserveer word.

Wat het geword van mense se integriteit? Hoekom ignoreer sommige bestuurders eenvoudig die reëls en hoekom maak ander misbruik van ’n toegewing en hoekom doen sommige sakeondernemings moeite om mense aan te spreek en ander gee nie ’n duit om nie?

Aan die persoon wat verlede Dinsdag op die gestremde parkering in Modimolle geparkeer het, wil ek vra was jy so haastig of het jy jouself net so belangrik geag? Dit is skokkend om te dink hierdie bestuurder kon nie die groot en duidelik gemerkte tekens sien nie.

Ek vervies my vir mense se argelose houding.

Dit help nie eers jy probeer iets vir sulke mense sê nie. Hulle is van mening: As die plek oop is, is dit enigiemand se reg om daar te parkeer.

Hopelik is jy nie volgende keer so gelukkig om daarmee weg te kom nie. (Brief verkort.— Red.)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button