Letters

Brief: Goeie grond op die Springbokvlakte

Die Springbokvlakte dien as ’n soort spens vir Suid-Afrika.

Gawie Richter, Modimolle, skryf:

In Limpopo word daar algemeen aanvaar dat die Springbokvlakte oor die beste landbougrond in Suid-Afrika beskik.

Die natuurlike weivelde van die gebied is uiters vrugbaar en geskik vir die vestiging van aangeplante weiding soos bloubuffelgras wat die drakrag van die veld verder verhoog.

Hoewel droëland gewasverbouing tipies van die gebied is, het boere toenemend van droëlandboerdery na produkte onder besproeiing oorgeskakel. Ondergrondse water het meegebring dat derduisende hektaar landbougrond tans met moderne besproeiingsmetodes, soos spilpunte, verbou word. Verskeie beesrasse floreer in die gebied.

Die Springbokvlakte dien as ’n soort spens vir Suid-Afrika. Dit maak my trots om ’n inwoner van hierdie geweste te wees.

Related Articles

Back to top button