Letters

Brief: Ek voel ook mislei

Ek vermoed ek is ook deur dieselfde man mislei.

Anoniem, Waterberg-inwoner, skryf:

Nadat ek die berig in Die Pos van Vrydag 20 Januarie — Bejaarde vroue loop bloutjie met herstelwerk — gelees het, vermoed ek ek is ook deur dieselfde man mislei.

Ek het in November by die Bela Mall ’n pakkie in my voertuig gaan bêre toe ’n man my nader en vertel dat hy vir “Navis” werk en gesien het dat ek ’n kraak in my windskerm het.

Hy het my sy selnommer gegee en aangebied dat hy dit self kan herstel. Sy prys was R500.

Ek het aan hom gesê sodra ek terugkeer van die winkels, kan hy die werk in my teenwoordigheid doen, maar met my terugkeer het hy dit reeds gedoen.

Die koste vir die werk was skielik meer, want daar is glo meer krake gevind wat hy toe herstel het. Dit was vir my ’n moeilike situasie en ek het nie geweet hoe om dit verder te hanteer nie.

Ek het daarom maar geld gaan onttrek en hom betaal.

Toe ek nou die berig in Die Pos lees van die twee vroue met dieselfde ervarings, het dit my vermoede bevestig dat ek dalk vir ’n slenter geval het. Dit is vir my ’n verleentheid.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button