Letters

Brief: Verskonings, verskonings …

Waarvoor betaal ons as daar nie water in ons krane is nie?

Stieler van Eeden, Bela-Bela, skryf:  

Ek ontvang daagliks boodskappe op my sosiale media platforms wat min of meer só lees:

“Water supply restrictions/interruptions will be applicable today. The restrictions are due to low water levels in our reservoirs.”

Dan word die tydsduur van onderbrekings deurgegee. Hierdie tye is egter sinneloos, want dit stem nie ooreen met die werklikheid nie. Net voor Kersfees en die dae daarna het ons daagliks tot 20 ure per dag nie water gehad nie.

Die verskoning wat telkens gegee is, is dat beurtkrag verantwoordelik is vir die onderbreking in watertoevoer.

Ek aanvaar nie meer die verskoning nie. As die pompe en motors wat tans geïnstalleer is volgens kapasiteit funksioneer, sal beurtkrag nie die watervoorsiening beïnvloed nie.

Dit blyk dat daar “visdampompies” geïnstalleer is en dat amptenare nie oor die kennis beskik om die kapasiteit van die pompe te bepaal nie. Die hele stelsel van die pompe en motors wat water aan die suiweringsaanleg voorsien tot die pompe wat water na die reservoirs pomp, moet opgradeer word.

Belastingbetalers vra dat kundiges se hulp ingewin word om die minimumkapasiteit van toerusting te bepaal voordat tenders aangevra word. Vervang die toerusting dan met pompe wat die nodige kapasiteit het en verlos die inwoners van Bela-Bela van die nagmerrie om daagliks sonder water, waarvoor hulle reeds betaal het, te moet funksioneer.

Boonop word daar maandeliks ’n “BasicWater Charge” van R100,42 by my rekening gevoeg. Die vraag is: waarvoor betaal ons as daar nie water in ons krane is nie?

Verskonings gaan nie meer werk nie. Ons is geregtig op water.

Related Articles

Back to top button